Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar ’n skadu van onsekerheid. Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis. ’n Boelie gryp sy foon en ’n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock, se neus. Fen én Jock word geskors. Hulle straf: twee weke se harde arbeid op Mtwana.
Om författaren
Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa) in 2009 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks. Jeugboeke wat by Tafelberg verskyn het, is Amper Einstein (2013) en Pienk is nie vir sissies nie (2017).