Cliffordene Norton 
Ek sal vir jou veg [EPUB ebook] 

Stöd

Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.


Sy droom van ’n matrieksertifikaat en ’n lewe ver weg van haar swakkeling-ma, dronklap-pa en ’n vegkryt waarin min reëls geld. Maar haar skoolwerk ly ál meer onder die laatnaggevegte.


Dan sien ’n voormalige martial arts-kampioen Cazlee se talent raak. Hy bied haar ’n beurs aan by die skool waar hy taekwondo afrig en die kampioentrofee in die visier het.


Ellamay, sy dogter, droom daarvan om in haar kampioen-pa se voetspore te volg. Dat haar pa uit sy pad gaan om eerder van Cazlee ’n kampioen te maak, lei tot wrywing tussen die twee meisies.


Dan gaan die wêreld van onwettige gevegte vir Ellamay ook oop. Dinge loop lelik skeef en Cazlee moet ”n besluit neem wat haar hele toekoms kan beïnvloed.

€8.10
Betalningsmetoder
Köp den här e-boken och få 1 till GRATIS!
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● ISBN 9781779990440 ● Utgivare Pan Macmillan South Africa ● Publicerad 2024 ● Nedladdningsbara 3 gånger ● Valuta EUR ● ID 9426531 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

91 947 E-böcker i denna kategori

Inga resultat