Elsa Winckler 
Liefde in laslap [EPUB ebook] 

Stöd

Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is ’n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in ’n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

€4.99
Betalningsmetoder

Om författaren

Elsa Winckler was laerskoolonderwyser en het later in haar lewe ’n BA deur Unisa voltooi, asook ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch (US). Sy het van 1997 tot 2010 heeltyds by die US gewerk as administratiewe beampte by die departement Engels. Haar heel eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock (LAPA), het ’n 2010 Woordveertjie ontvang. In 2014 wen sy weer ’n Woordveertjie vir Te eenders, te anders (Satyn). Sy bly op Bettysbaai.

Köp den här e-boken och få 1 till GRATIS!
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 224 ● ISBN 9780624072294 ● Filstorlek 0.3 MB ● Utgivare Tafelberg ● Publicerad 2015 ● Utgåva 1 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 4535082 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

780 327 E-böcker i denna kategori