Uiteindelik! ’n Reeks wat aan al die vereistes van die KABV voldoen! Piekfyn Afrikaans Graad 9 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids ondersteun die onderwyser se taak deur
• beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk – elke module het sy eie onderrig-, leer- en assesseringsplan;
• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke, prosedures en prosesse vir leeraktiwiteite;
• volledige memorandums vir al die voorbeeldvraestelle te voorsien;
• te fokus op kommunikatiewe, teks- en prosesgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind;
• ’n wye verskeidenheid fiksie en niefiksietekste aan te bied volgens eietydse temas;
• ’n formele assesseringsprogram vir graad 7, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; en
• aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser.
Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 9 Huistaal [PDF ebook]
Köp den här e-boken och få 1 till GRATIS!
Språk Afrikaans ● Formatera PDF ● Sidor 392 ● ISBN 9781775891406 ● Filstorlek 7.7 MB ● Ålder 17-15 år ● Utgivare Best Books ● Publicerad 2014 ● Utgåva 1 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 4738638 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare