’n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai! Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan – en Jana en Alisha oefen sommer reeds voor die kompetisie hoe om kolwyntjies te bak. By die kompetisie verloop dinge nie so seepglad nie. ’n Kat wat gejaag word deur ’n hond storm by die kompetisie in en voor enige iemand kan keer, is die deelnemers se kolwyntjies op die vloer. Gelukkig kan Jana en Alisha die kompetisie red … Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!
Köp den här e-boken och få 1 till GRATIS!
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 40 ● ISBN 9780799394023 ● Utgivare LAPA Uitgewers ● Publicerad 2019 ● Nedladdningsbara 3 gånger ● Valuta EUR ● ID 7082189 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare