Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit ”n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.
ซื้อ eBook เล่มนี้และรับฟรีอีก 1 เล่ม!
ภาษา แอฟริกาใต้ ● รูป EPUB ● ISBN 9781547568413 ● นักแปล Liezl Dreyer ● สำนักพิมพ์ Babelcube Inc. ● การตีพิมพ์ 2019 ● ที่สามารถดาวน์โหลดได้ 3 ครั้ง ● เงินตรา EUR ● ID 6881899 ● ป้องกันการคัดลอก Adobe DRM
ต้องใช้เครื่องอ่านหนังสืออิเล็กทรอนิกส์ที่มีความสามารถ DRM