Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses – ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.
เกี่ยวกับผู้แต่ง
Stephan Joubert is ’n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ’n gesinsman. Hy is hoof van ekerk en ’n buitengewone professor by verskeie universtiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap, saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan het al meer as 55 titels uitgegee en meer as 200 000 boeke verkoop.