Dirna Ackermann 
‘n Huis vir my hart [EPUB ebook] 

Destek

Xanthe Patterson kan nie verstaan waarom haar pa die huis op hul plasie aan ’n vreemdeling, ene Hanko Joubert, sou nalaat nie. Wat gaan sy met die vent onder haar voete maak? Veral aangesien sy mooi hande haar gedagtes laat dwaal . . .
Sy kan nie nou bekostig om te dagdroom nie. Haar pa het aan Xanthe sy bou-onderneming nagelaat en sy kan haar lewenslange droom bewaarheid om in die boubedryf te werk. Maar aangesien haar ouers haar vroeër juis uit dié bedryf probeer weghou het, het sy geen benul van hoe om die taak aan te pak nie. Dan kom Xanthe se kritiese stiefma en halfsuster kuier en gaan dit net nog doller.
Vir Hanko kom die erfenis net betyds om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te begin na vyftien jaar in Engeland. Hy sien hoe die mooi groenoogvrou sukkel en aangesien hy die boubedryf ken, wil hy help. Maar Xanthe laat hom mooi verstaan dat sy g’n man met ridderneigings duld nie.
Sal Xanthe aanhou om met Hanko koppe te stamp, of is hy die man by wie haar hart tuishoort?

€4.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Dirna het in 2000 op die ouderdom van vyftig vir die eerste keer begin skryf. Die jaar daarna het haar eerste liefdesverhaal verskyn. Sy is versot op die lees van liefdesverhale en sy glo in hul helende krag.
Dirna is getroud en het twee volwasse seuns. Sy bly in Brackenfell.

Bu e-kitabı satın alın ve 1 tane daha ÜCRETSİZ kazanın!
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● ISBN 9780624072782 ● Dosya boyutu 0.4 MB ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2015 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 5505964 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

756.937 Bu kategorideki e-kitaplar