Gids: Ek was hier [PDF ebook] 

Destek

Frankie se gesin is anders. Behalwe dat haar pa soos Atilla die Hun lyk, met sy wilde hare en harige voorarms, kom hy van Vlaandere en hy praat nog steeds Nederlands ”“ en soms ’n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met ’n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma, weer, het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. Dis waarom sy lensies eet en V8-groentesap drink. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. En sy wonder oor Milan, wat van Pole af kom – die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Sy mond glimlag altyd, maar sy oë wonder altyd. Hy is ’n wiskunde-onderwyser wat elke dag ’n swartraambril en ’n strikdassie dra. Min mense sal vermoed dat hy ’n swart gordel in judo het. Milan se ma is weg toe hy ongeveer twee jaar oud was. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan ”“ is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het …

€0.01
Ödeme metodları
Bu e-kitabı satın alın ve 1 tane daha ÜCRETSİZ kazanın!
Dil Afrikaans ● Biçim PDF ● Sayfalar 25 ● ISBN 9780639601601 ● Yayımcı LAPA Publishers ● Yayınlanan 2020 ● İndirilebilir 6 kez ● Döviz EUR ● Kimlik 9425091 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

4.967.094 Bu kategorideki e-kitaplar