’n Handvol sjefs by ’n meesterklas in die boendoes. ’n Vrou se lyk in die meer. ’n Privaat speurder wat moet vra: Wie het sy mes in vir wie?Lake Panic is die perfekte plek vir ’n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. ’n Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, ’n man met ’n verlede. Beer het sy hande vol met:•Sophia da Silva, ’n eks-sepiester wat ’n comeback met haar eie kaal kookboek beplan, •Otto en Lily Clement, ’n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red, •Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen, •Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en•Alex Fabius, Youtuber en snuiter van formaat.Wie het ’n moord opgedis?En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?
Leon van Nierop
Moord op Lake Panic [EPUB ebook]
Moord op Lake Panic [EPUB ebook]
Bu e-kitabı satın alın ve 1 tane daha ÜCRETSİZ kazanın!
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 376 ● ISBN 9781485904915 ● Yayımcı Penguin Random House South Africa ● Yayınlanan 2021 ● İndirilebilir 3 kez ● Döviz EUR ● Kimlik 7902951 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir