Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as boekhoudster. Op negentien jaar word haar eerste kortverhaal gepubliseer. Vele kortverhale en sketse vir Sarie en Huisgenoot volg. In 1969 trou sy met ’n apteker, Le Roux Steyn, en verhuis na Saldanha, waar die Steyn-gesin steeds woon.
In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human & Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981).
Esta het in die 1990’s ’n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot ’n roman verwerk. Sy is later weer gevra om ’n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.
6 Електронні книги від Esta Steyn
Esta Steyn: Kus vir die Kluisenaars
Dorkasbaai is ‘n bar en afgesonderde strandplaas aan die Weskus. Ook die mense wat daar woon het bar geword van afsondering, veral Eli van Egeren en sy seuns, Joac en Benjamin. Waarom wil Fransie va …
EPUB
Африкаанс
DRM
€13.99
Esta Steyn: Droomdelwers
Teen die agtergrond van soutmyne en granietkoppe vertel Droomdelwers die verhaal van twee klein gemeenskappe aan die Weskus, Soutmansvlei en Vlaktevlei. Hier word die lewens van armes en rykes, v …
EPUB
Африкаанс
DRM
€14.99
Esta Steyn: Die skrywer
Op ’n stil aand, in ’n herehuis langs ’n meer, dans ’n jong vrou in ’n verruklike rooi aandrok met haar werkgewer, Arthur Addington – befoeterde, eens beroemde Amerikaanse draaiboekskrywer en onbemin …
EPUB
Африкаанс
DRM
€13.99
Esta Steyn: Biegbrief en ander verhale
Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir ’n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om ’n ou lieslap te wees. Ek wil ook ’n s …
EPUB
Африкаанс
DRM
€13.99
Esta Steyn: Die grafte jubel
Dié aangrypende verhaal van pyn en genesing ná die dood van twee broers enkele jare ná mekaar word deur hul ma in die derde persoon vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure ve …
EPUB
Африкаанс
DRM
€8.99
Esta Steyn: Die kolonel
Daar is groot konsternasie by die polisiestasie. Die Kolonel is weg! Skoonveld soos ’n groot speld! Die Kolonel is nie net bekend en bemind nie, hy is ook baie bekwaam. Daar word gesê hy kan diewe en …
EPUB
Африкаанс
DRM
€7.99