Die surfer-meisie Simoné, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nié so verskillend is nie? Saam trotseer dié drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoë hakke en al.
Про автора
Jacolet van den Berg het BSc Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Haar eerste liefdesverhaal, Lied in jou hart (LAPA), het die 2011 ATKV-Woordveertjie vir Romanses ontvang. Sy skryf ook onder die Satyn- en Hartklop-drukname. Hoë hakke met hoogwater is haar eerste vollengte-roman. Sy bly saam met haar gesin in die Paarl.