Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . .
Про автора
Susan Coetzer is landswyd bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar topverkoperroman, Oros vir die siel, het meer as 30 000 eksemplare verkoop. Sy woon en werk in Johannesburg en toer gereeld deur die land met haar eenvrouvertonings. Selma en Louise het in 2018 by H&R verskyn.