Adrio König 
Terug na die Ou Testament [EPUB ebook] 

Ủng hộ

Daar is deesdae ’n sterk beweging onder sommige Christene om weer sekere gebruike wat in die Ou Testament belangrik was na te volg.
Christene het nog altyd verskil oor presies hoe ons die Ou Testament moet hanteer. Watter voorskrifte geld nog vir ons, en watter nie? Daar is meningsverskille oor die besnydenis; oor feeste en die Sabbat; oor onrein diere en eet- en drinkvoorskrifte; offerandes; die verhouding tussen gelowiges en niegelowiges; om God op sy Hebreeuse naam aan te spreek en die gebruik van die ramshoring. Sommige Joodse Christene wil selfs hul geloof in Jesus prysgee ter wille van die Ou-Testamentiese gebruike (Hebreërs).
In hierdie tydige boek vra Adrio Konig: Moses of Abraham? Geld die wet (die stelsel van Ou-Testamentiese wette) nog of geld dit nie – en wat daarvan geld en wat nie?
Uiteindelik wys hy daarop dat die prysgawe van hierdie dinge onontbeerlik was vir die behoud en groei van ’n Christelike geloofsgemeenskap.

€9.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Adrio König is ’n baie bekende teoloog, veral ook in die openbare oog weens uitgesprokendheid en die aktuele onderwerpe waaroor hy skryf. Hy was sedert 1975 ’n professor in sistematiese teologie aan Unisa en begelei steeds nagraadse studente daar. Adrio tree gereeld op as prediker, spreker, gesprekleier en debatteerder in die media. Hy het al vele akademiese en populêre artikels geskryf. Hy is bekend vir die boeke God, waarom lyk die wêreld so?, Die helfte is my nooit oor Jesus vertel nie, Die evangelie is op die spel en Wat is reg? Weet iemand dalk? Hy woon saam met sy vrou in Lyttleton, Pretoria.

Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 224 ● ISBN 9780796318855 ● Kích thước tập tin 0.4 MB ● Nhà xuất bản Lux Verbi ● Được phát hành 2014 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4753920 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

137.596 Ebooks trong thể loại này