Sit jy met jou hande in jou hare as dit kom by die kweek van jong leiers in die klaskamer? Vrees nie, die ATKV se aktiwiteitshandleiding vir leierskapsontwikkeling is net vir jou. Vind van ysbrekers tot aktiwiteite om leerders te help om beter te kommunikeer, beter te luister en nog vele meer in hierdie maklike gids. Daar is speletjies te kies en te keur – of jy net 5 minute het of ’n halfuur om die jongklomp besig te hou. Sommige van die speletjies kan jy sommer in jou klaskamer speel, terwyl ander op die rugbyveld gespeel word. ’n Lys van rolprente met uitgewerkte vraelyste is ideaal vir begripsinoefening.
Die ATKV besef dat onderwysers baie besig is en nie altyd die tyd het om speletjies uit te dink nie. Met die ATKV se aktiwiteitshandleiding vir leierskapsontwikkeling wil ons jou hande sterk maak en ook ’n verskil in jong mense se lewe maak
ATKV
Aktiwiteitshandleiding vir leierskapsontwikkeling [PDF ebook]
Aktiwiteitshandleiding vir leierskapsontwikkeling [PDF ebook]
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng PDF ● Trang 24 ● ISBN 9780799389517 ● Nhà xuất bản LAPA Uitgewers ● Được phát hành 2018 ● Có thể tải xuống 3 lần ● Tiền tệ EUR ● TÔI 6192396 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM