Deon Lamprecht 
Bloedbroers [EPUB ebook] 
Na die slagveld van Smokeshell en terug

Ủng hộ

‘Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .’ – Marco Caforio, ouddienspligtige
Op 10 Junie 1980 gedurende ‘n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ‘n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.
Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ‘n 14, 5 mm-masjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef.
Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en ‘n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ‘n Ratel wat deur ‘n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.
In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.

€9.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

DEON LAMPRECHT is ’n bekroonde nuusjoernalis en gewilde skrywer. Twee Grensoorlog-boeke het reeds uit sy pen verskyn: Tannie Pompie se Oorlog (2015) en Die Brug (2020).
In sy loopbaan by The Pretoria News, Beeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigter-redakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC.
Hy is tans ’n herskrywer by Huisgenoot.

Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 256 ● ISBN 9781928248170 ● Kích thước tập tin 5.5 MB ● Nhà xuất bản Jonathan Ball ● Thành phố London ● Quốc gia GB ● Được phát hành 2024 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 9613068 ● Sao chép bảo vệ DRM xã hội

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

10.940 Ebooks trong thể loại này