Fynbosskrywers Fynbosskrywers 
Liefde is ‘n sprokie [EPUB ebook] 

Ủng hộ

Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun by die buitelugopvoedingskamp. Maar sy kan tog nie help om die nerdy Pierre Prins se diep groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie . . .
Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar die aantreklike Erik sorg dat sy sukkel om op haar duikkursus te konsentreer. Totdat dinge lelik skeefloop.
Van die eerste dag wat Wolfgang vir Vlam raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart. Wanneer sy ontvoer word, is hy vasberade om haar te red . . .
Die nuwe ou in die klas se bene is in ysterstutte en sy hare staan orent asof hy pas vir iets geskrik het. Lilliette is sommer vies dat sy hom met wiskunde moet help. Veral aangesien hy nog die vermetelheid het om haar “Wipstert” te noem!
Hierdie bundel bevat 22 kortverhale wat op bekende sprokies gebaseer is – maar met ’n heerlike moderne kinkel! Hier is stories wat jou hart sal steel, dit dalk in ’n duisend stukkies sal breek of jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.

€7.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Santie het grootgeword op ’n wingerd- en skaapplaas langs die Olifantsrivier in Vredendal. Na matriek is sy Stellenbosch toe waar sy in 1992 ’n Meestersgraad in Navorsingsielkunde (cum laude) behaal het. Sy is sedert 2011 sameroeper en administrateur van die Fynbosskrywers. Verskeie van haar kort kinderstories is gepubliseer in die media en op CD. In 2009 was sy een van die drie Finesse Skryf ‘n Sprokie-wenners en sy is ook reeds twee keer as Vonkfiksie-wenner van Rapport Boeke aangewys.

Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 232 ● ISBN 9780798170291 ● Kích thước tập tin 0.6 MB ● Tuổi tác 17-16 năm ● Nhà xuất bản Human & Rousseau ● Được phát hành 2015 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4762800 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

60.462 Ebooks trong thể loại này