John Miles 
Klassiek reeks: Kroniek uit die doofpot [EPUB ebook] 

Ủng hộ

CNA-prys (1992), M-Net-prys (1992), Helgaard Steyn-prys.
Kroniek uit die doofpot (1991) is die aangrypende en onthutsende verhaal van ’n swart polisieman se soeke na geregtigheid en dis gebaseer op die werklikheid.
Ten spyte van sy armoedige kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat, verwesenlik Tumelo John Moleko sy droom om by die polisie aan te sluit. En uiteindelik kan hy ’n huis en motor vir sy gesin bekostig en in sy eie tuin werk: Dus, die lewe van ’n gewone, eerbare man. Op ’n dag word Tumelo egter onregverdig beskuldig en ’n hou teen sy oor is die begin van doofheid en eindelose mediese probleme. Wanneer hy ’n klag lê teen sy senior kollega, kolonel Van Niekerk, loop hy hom teen ’n muur van korrupsie en rassisme vas. In die nag van 30 November 1987 is polisieman Tumelo in sy huis met sy vrou Busi deur ’n paar oud-kollegas vermoor. Die roman is sober aangebied, maar die leser weet waarop dit onvermydelik afstuur – daarin lê die spanning en tragiek.

€13.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

John Miles word beskou as een van die grootste skrywers in Afrikaans. Hy was o.m. ’n stigterslid van die onafhanklike uitgewery Taurus. Hy is veral bekend vir sy bekroonde roman ​Kroniek uit die doofpot​​. Sy mees onlangse romans sluit in ​Die Buiteveld, Voetstoots en Op ‘n dag, ‘n hond. Miles woon op ’n plaas buitekant Nieuwoudtville in die Noord-Kaap.

Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 304 ● ISBN 9780798173094 ● Kích thước tập tin 0.6 MB ● Nhà xuất bản Human & Rousseau ● Được phát hành 2016 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5286528 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

775.448 Ebooks trong thể loại này