Madelie Human 
Skakerings van geluk (SuperRomanza) [EPUB ebook] 

Ủng hộ

Haar geluk bestaan uit verskillende skakerings … Lea Richter is vasgevang in ’n situasie waaruit sy nie kan kom nie. Haar ma is aan ’n rolstoel vasgekluister erg depressief en afhanklik van haar. Lea se onblusbare gees hou haar egter staande – met haar kragtige motorfiets gaan sy op lang ritte en saans skryf sy romanses onder ’n skuilnaam om haar balans te probeer hou. Om den brode is sy die prim en proper bibliotekaris van Fynbos. Stef Brits – ’n motorfietsrenjaer en handelaar – stap met sy groot stewels in haar biblioteek in en kom gooi haar saai bestaan geheel en al skoon omver. Hy is aantreklik en opwindend – die verpersoonliking van die helde wat Lea vir haar romanses skep. Stef het lankal besluit dat hy nooit wil trou nie maar Lea doen iets aan hom wat hom erg omkrap. Hy is ’n filofobiak – bang vir die liefde – maar het nooit met ware liefde rekening gehou nie. Die hekelgroep van Skakerings besef dat hulle hul plig teenoor Lea en haar ma versuim het en beraam planne om die twee verliefdes te hulp te snel. Lea se ma onthul egter wat die oorsaak van haar psigosomatiese verlamming is en plaas ’n splinternuwe hindernis op die paartjie se pad na geluk. Kan hulle ook dit oorkom?

€7.74
phương thức thanh toán
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 304 ● ISBN 9780799394238 ● Nhà xuất bản LAPA Uitgewers ● Được phát hành 2019 ● Có thể tải xuống 3 lần ● Tiền tệ EUR ● TÔI 7011248 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

294.217 Ebooks trong thể loại này