Tác giả: Maretha Maartens

Ủng hộ
Maretha Maartens is in 1945 in Bloemfontein gebore. Sy word groot op Jacobsdal en Petrusburg en studeer aan die Universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch. Haar man, Hennie, is ’n predikant en hulle woon in Bloemfontein. Maretha was van 1998 tot 2000 redakteur van die tydskrif Finesse. Sy het al rondom 90 boeke geskryf – romans, liefdesverhale, kinder-, jeug- en tienerboeke, godsdienstige boeke en geestelike dagboeke. Maretha is vier keer met die Sanlamprys vir jeuglektuur bekroon vir onder meer Die sakmense en Plek van dolfyne. Haar opspraakwekkende tienerroman ’n Pot vol winter is in 1989 met die Andrew Murray-toekenning bekroon en haar roman Jacoba Afrikaner was in 2001 op die kortlys van die Sanlam/Insig/Kwêla-romanwedstryd.




13 Ebooks bởi Maretha Maartens

Maretha Maartens: Sondag van die silwersee
Farah Olivier aanvaar ’n pos as kuns- en dansonderwyseres by ’n privaatskool in Somerset-Wes, maar wanneer sy aanmeld, is daar nie ’n mens in sig nie. Want die skool was net ‘n verneukspul. Vyf dae l …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€4.99
Maretha Maartens: Katryn van die klipdassies
In Katryn Müller se ouerhuis was swaarkry of die aanvaarding van verantwoordelikheid nie hoog op die agenda nie en godsdiens het geen rol gespeel nie. Maar kort voor Katryn as vennoot in haar ouers s …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€4.99
Maretha Maartens: Laduma vir die liefde
Ver van jou goed is naby jou skade, het Paula Rall se vriendin Erika gewaarsku, en Paula het die waarheid van daardie woorde waaragtig leer ken. Want dis einste Erika wat tussen haar en Hans de Lange …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€4.99
Maretha Maartens: Monument
Margo Diederichs kom op die Vrystaatse dorp Winburg vrede maak met die ma wie se stryd sy nooit verstaan het nie. Vier jaar lank het Margo gaan heel word in Israel, maar nou moet sy die kompleksiteit …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€13.99
Babsie Jacobs & Maretha Maartens: Melodie Omnibus 2
Volbloedvrou vir ’n vaalseun: Fransien de Swardt woon haar skoolreünie om slegs twee redes by: ná tien jaar wil sy die spoke van die verlede besweer en haar metamorfose van armlastige spoorwegkind na …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€11.99
Maretha Maartens & Hennie Maartens: Ryker as Dawid
Mense is soms geneig om te dink die Ou Testament is nie relevant vir die tyd waarin ons leef nie. Die teendeel is egter waar! In Ryker as Dawid gaan kyk die skrywers spesifiek na die relevansie wat d …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€9.49
Maretha Maartens & Hennie Maartens: Ryker as die tempelkore
Ryker as die tempelkore is ’n persoonlike reis na ’n dieper kennis van die God wat ons oorvloediglik met genadegawes seën. Die skrywers nooi die leser om hul opnuut in die Psalms te verdiep en sodoen …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€9.49
Maretha Maartens: Hanna
Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Maar Hanna …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€9.99
Maretha Maartens: Sara
Tien dae lank praat Sara nou al met God, die Almagtige. Hiervoor het sy haar donkie opgesaal nadat Abraham met hulle enigste kind, twee slawe en ‘n bondel vuurmaakhout op ‘n pakdonkie in die verte ve …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€11.99
Maretha Maartens: Way Better Than Popcorn
WAY BETTER THAN POPCORN is the true story of a larger than life, vulnerable and indomitable mother whose younger son could not live with her biggest mistake. Four years after that fatal mistake she s …
EPUB
Anh
DRM
€8.25
Maretha Maartens: Bethel se berg
Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ʼn Kombi. Hulle leef ʼn nomadiese bestaan en bly net vir ʼn kort ruk in een dorp voor hulle na ʼn volgende b …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€10.25
Maretha Maartens & Magda Slabbert: Klankgrens
Jy het by my verbygestrompel en op hierdie dubbelbed neergeval. Ek het jou na die koppenent se kant toe probeer sleep. Die man wat my knieë lam gemaak het wanneer hy in uniform tussen ander staan, wa …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€14.09
Maretha Maartens: Toe ons in Ghrieshuis was
Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, …
EPUB
Tiếng Nam Phi
DRM
€8.97