Richard Steyn 
Churchill & Smuts [EPUB ebook] 

Ủng hộ

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is 'n studie in kontraste. In hul jeug het hulle uiteenlopende wêrelde bewoon: Churchill was die weerbarstige en energieke jong aristokraat; Smuts die asketiese, filosofiese Kaapse plaasseun, wat later aan Cambridge sou gaan studeer. Daar sou hy die eerste student word wat albei dele van die finale regskursus in dieselfde jaar neem en al twee met onderskeiding slaag.Nadat hulle in die Anglo-Boereoorlog eers as vyande, en later in die Eerste Wêreldoorlog as bondgenote byeengebring is, het die mans 'n vriendskap gesmee wat oor die eerste helfte van die twintigste eeu gestrek het en tot Smuts se dood in 1950 voortgeduur het. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ”n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.Dit is 'n fassinerende verhaal oor twee besonderse individue in oorlog en vrede – die een die leier van ”n groot ryk, die ander die leier van 'n klein, weerspannige lid van daardie ryk.

€10.15
phương thức thanh toán
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● ISBN 9781868428311 ● Nhà xuất bản Jonathan Ball Publishers ● Được phát hành 2017 ● Có thể tải xuống 3 lần ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5394043 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

73.912 Ebooks trong thể loại này