Schalk Schoombie 
Tot die dood ons skei [EPUB ebook] 
Mans wat hul vroue vermoor

Ủng hộ
Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Hoe is dit moontlik dat ons, ná meer as ’n eeu van vroueregte, steeds daagliks hoor van skynbaar doodgewone mans wat hul vroue aanrand, vermink en vermoor? Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van ‘intieme vrouemoord’, iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem. Aan die hand van talle gevallestudies maak hy skokkende bevindings, waaronder dat jy nooit te oud is om deur jou man aangerand of vermoor te word nie, en dat nie eers swangerskap vrouemoord verhoed nie. Enigiets, selfs skroewedraaiers, word as moordwapen gebruik, en vrouelyke word selfs in vate en tasse versteek. Tot die dood ons skei is ‘n skokkende oopvlek van ‘n misdaad wat skrikwekkend algemeen geword het.
€11.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Schalk Schoombie is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kempton Park. Ná sy dramastudies aan die Universiteit van Pretoria was hy akteur, kunsresensent, en redakteur van De Kat. As vryskutjoernalis skryf hy vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport. Hy is bekroon met ’n Mondi (1994), ’n ATKV-Mediaveertjie (2009), ’n Anglo Gold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ’n Spesiale Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie deur die FAK. Hy het reeds nege toneelstukke geskryf. Schoombie se debuutroman, Boomkastele (2015), is ook deur Human & Rousseau gepubliseer en is in 2016 genomineer vir die ATKV-prosaprys en die Jan Rabie/Rapportprys. Hy woon in Alberton met sy gesin en drie Jack Russells.
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 248 ● ISBN 9780798172912 ● Kích thước tập tin 1.8 MB ● Nhà xuất bản Human & Rousseau ● Được phát hành 2018 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5605291 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

142.009 Ebooks trong thể loại này