Die dag toe die aliens gekom het, het doodgewoon begin. Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly. Maar gelukkig is hy nie heeltemal alleen nie. Grol en Slom, die twee Anuras wat hom aan brulpaddas herinner, ontferm hulle oor hom en maak dit hulle missie om hom te beskerm. Hulle sal nie rus voor hy sy vriende weer gevind het nie. En so begin die grootste avontuur van Lionel se lewe!
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 1 ● ISBN 9780639602677 ● Nhà xuất bản LAPA Publishers ● Được phát hành 2021 ● Có thể tải xuống 3 lần ● Tiền tệ EUR ● TÔI 8045014 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM