Wilma Stockenström 
Die stomme aarde: ‘n keur [EPUB ebook] 

Ủng hộ

‘n Keur uit al die digbundels van hierdie Hertzopgpryswenner, een van die heel belangrikste skrywers in Afrikaans. Die skrywer het self die keuse van 137 gedigte uit haar sewe digbundels gedoen. (Vir die bysiende leser, Spieël van water, Van vergetelheid en van glans, Monsterverse, Die heengaanrefrein, Aan die Kaap geskryf, Spesmase.) Resensente oor haar digkuns: vernuftige eenvoud, ’n suiwer poëtiese visie, aards, ironies, vol verwondering, intelligent, sterk, onthoubaar …

€13.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Wilhelmina Johanna (Wilma) Stockenström is op 7 Augustus 1933 op Napier in die Overberg gebore. Sy matrikuleer in 1949 op Napier en verwerf in 1952 ’n dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk daarna as omroeper, aktrise en dramaturg. Wilma Stockenström is een van die belangrikste skrywers in Afrikaans, en sy publiseer romans, digbundels en dramas. Sy debuteer in 1970 met die digbundel Vir die bysiende leser. Sy het die Hertzogprys vir poësie in 1977 ontvang vir haar digbundel Van vergetelheid en van glans en vir prosa in 1992 vir haar roman Abjater wat so lag. Die kremetartekspedisie, wat in 1981 verskyn het, is egter haar bekendste roman. Dis in Engels, Frans, Nederlands, Duits, Italiaans en Hebreeus vertaal. En in 1988 is die Italiaanse vertaling met die Grinzane Cavour-prys in Italië bekroon. Sy het ook ’n suksesvolle loopbaan as aktrise op die verhoog en in films gehad. Sy woon sedert 1993 in Kaapstad.

Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 136 ● ISBN 9780798173100 ● Kích thước tập tin 0.5 MB ● Nhà xuất bản Human & Rousseau ● Được phát hành 2016 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5286529 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

112.516 Ebooks trong thể loại này