’n Roman wat in die tagtigerjare verskyn het en gebaseer is op die mite van die reus Adamastor, wie se liggaam glo die gebergtes van die Stormkaap gevorm het. Dis ’n aardse liefdesverhaal, geskryf met humor en ’n speelse geestigheid. Dit speel af in die tyd toe die eerste Europeërs in die Kaap aangekom en kontak gehad het met die Khoi-Khoi. Die verteller, T’kama, neem ’n wit vrou gevange, versteek haar totdat die skepe uiteindelik sonder haar vertrek, en neem haar saam op ’n lang swerftog die binneland in, teen alle raad en waarskuwings van ou Khamab en die ander. ’n Reis van vele ontberinge en frustrasies … “Dit is weer die verhaal van ’n Oomblik in die wind, van kolonialisasie en bedrog; dit is die verhaal van Afrika en Europa; maar dit is ook humor, mitologie en legende: die van Europa en dié van Afrika – van Afrika die Prometheus-vasteland.” aldus Ampie Coetzee.
André P. Brink
Eerste lewe van Adamastor [EPUB ebook]
Eerste lewe van Adamastor [EPUB ebook]
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 96 ● ISBN 9780798153560 ● 文件大小 0.4 MB ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2011 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4762554 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器