Wat sal jy doen as jy alleen in die woestyn gelos word? Sal jy op een plek bly in die hoop dat ’n soekgeselskap jou uiteindelik sal vind? Of sal jy op jou eie die pad uit probeer kry? Dis die twaalfjarige Leo Knight se dilemma toe hy per ongeluk in die Namib Woestyn agtergelaat word deur die studente wat saam met hom op ’n sterrekyk-ekspedisie is. Maar geen hulp daag op nie, net ’n rondloperhond, wat asof uit die niet verskyn. So begin ’n tog wat Leo se deursettingsvermoë tot die uiterste sal toets en waarvoor hy elke laaste greintjie fisieke en geestelike krag sal moet gebruik. Op hulle pad is daar meer gevaar as waarvan hy ooit kon droom, en hulle kanse op oorlewing lyk al hoe skraler . . .
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 144 ● ISBN 9780624053804 ● 文件大小 0.3 MB ● 年龄 17-12 年份 ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2011 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4533720 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器