Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Sy sal nie maklik vir die skade kan betaal nie en is totaal uit die veld geslaan toe dokter Venter haar werk aanbied. Sy aanvaar die aanbod, maar dis nie lank voor sy besluit om eerder te bedank nie. Paul Venter mag aantreklik wees, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo. . .
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 224 ● ISBN 9780624050452 ● 文件大小 0.3 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2011 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 2488050 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器