Bettie Naude 
Saartjie Omnibus 1 [EPUB ebook] 

支持

Hierdie omnibus bevat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks. In Saartjie ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie.
In Saartjie se vakansie tref ’n orkaan ’n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op ’n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. Sy kry hulle jammer en steek hulle tuis in haar kamer weg.
In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te lê wanneer ’n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. En dan is daar nog die kwessie van Saartjie se geheim wat haar beste vriende, Anna en Lina, en natuurlik ook vir Galpil en haar boetie, Apie, tot raserny dryf.
Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

€8.49
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 400 ● ISBN 9780798163880 ● 文件大小 1.2 MB ● 年龄 17-12 年份 ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2013 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4743195 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

58,181 此类电子书