Bettina Wyngaard 
Slaafs [EPUB ebook] 

支持

’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, “Ounooi” soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou.
Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk?
Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld.
Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp.

€9.03
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 296 ● ISBN 9781415209189 ● 出版者 Penguin Random House South Africa ● 发布时间 2016 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 4856246 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

297,931 此类电子书