Carol Campbell 
Die skilpad se laaste traan [EPUB ebook] 

支持

Dis ’n donker karoonag en Siena hardloop grondpadlangs. Sy is bebloed en vlug na die laerskool by Seekoegat, die enigste plek waar sy veilig sal wees. Maar dis ver – drie dae met ’n donkiekar – en sy is te voet.
Soos wat Siena hardloop, speel die lewensverhaal van haar en twee vriende in haar herinneringe uit. Sy onthou die verwilderde en verwaarloosde Boetie, en Kriekie wie se ma by die stilhouplekke al langs die n1 moes werk. Wanneer hulle drie mekaar later weer as grootmense raakloop, moet hulle hard besin oor die dinge van gister wat elkeen sy eie koers laat inslaan het.
Saam met Siena se storie loop die Karooskilpad se spore: ’n Dier wat die wysheid van die landskap saam met hom dra en wat ’n enkele traan stort wanneer hy doodgaan.
In Die skilpad se laaste traan verken Carol Campbell weer die magiese, oeroue wêreld van die Karoo, vir donkiejare reeds die plek van die karretjie­mense.

€10.31
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 184 ● ISBN 9781415210352 ● 出版者 Penguin Random House South Africa ● 发布时间 2019 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 6785523 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

295,706 此类电子书