Cecilia Steyn 
Sondag steel jy my hart [EPUB ebook] 

支持

Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar. So hulle is net pelle. Regtig. En pelle mag nie vryers word nie – dis algemene kennis.
Behalwe vir die klein feitjie dat Will heeltemal Karabo se hart gesteel het … en sy het nie ’n idee hoe om dit terug te kry voor haar selfopgelegde sperdatum nie.
Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar verby is. En Will, met sy motorfiets en leerbaadjies, is te wild om vir ewig aan iemand vasgeketting te wees, veral nie iemand soos sy nie. Hy slaan dan in kolle uit as iemand net “langtermynverhouding” noem.

€10.27
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 160 ● ISBN 9780637004596 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2024 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 9429472 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

91,947 此类电子书

没结果