Chris Barnard 
Klassiek reeks: Mahala [EPUB ebook] 

支持
Hertzogprys vir Prosa (1973)
WA Hofmeyr-prys (1974)

Nege jaar lank het Delport vir hom weggekruip. Maar toe, een laatmiddag in Caipemba, het Malia Domingo opgedaag. Vir Delport was sy ’n vreemdeling en hy wou haar afgeskud kry, maar sy het iets van Ritter met haar saamgebring – sy gesig, in die vorm van ’n masker. Of was dit nie regtig Ritter se gesig nie?
Rondom die vae herinneringe van ’n moord het Chris Barnard ’n roman gebou – ’n roman wat sy vertrekpunt het in die soort situasie wat gewoonlik by ’n populêre spanningsverhaal tuishoort. Maar die wyse waarop hy hierdie situasie hanteer en benut, laat dit ontplooi tot veel méér: dit word ’n speurtog na die hoe en die waarom van die syn.
€13.99
支付方式

关于作者

Christiaan Johan (Chris) Barnard is op 15 Julie 1939 op Mataffin in die distrik Nelspruit gebore. Hy matrikuleer in 1957 aan die Hoërskool Nelspruit.
Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf. Hy debuteer in 1961 op 22-jarige ouderdom met die novelle, Bekende Onrus, waarvoor hy die CNA-prys ontvang. In 1967 begin Chris as joernalis by Die Huisgenoot werk, en sy rubriek Chriskras word later in drie bundels gepubliseer. In 1971 verskyn sy tweede roman, Mahala, wat steeds as ‘n klassieke Afrikaanse boeke beskou word.
Hy lewer, as een van die belangrikste Sestigers, ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde onder meer weens sy veelsydigheid: romans, novelles, rubrieke, jeugverhale, kortverhale, verhoogdramas, hoorspele, essays, filmdraaiboeke, radio- en televisiedramas het uit sy pen verskyn. Hy het verskeie pryse ontvang en is twee keer met die gesogte Hertzog-prys bekroon.
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 178 ● ISBN 9780624078197 ● 文件大小 0.4 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2016 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5284296 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

303,186 此类电子书