Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae by baie mense ontstaan. Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om ’n offer te eis nie? Is God die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel wek angs en twyfel by vele – angs vir die hel en twyfel of hulle die hemel sal ‘haal’. Kan ’n God van liefde, die God wat deur die Christelike Kerk verkondig word, so iets oor sy hart kry? Die skrywer het geen pretensie dat hy die finale antwoord op al hierdie vrae het of dat hy die ryke betekenis van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus kan uitput nie, maar hy hoop van harte dat die gedagtes wat volg, tog lig sal bring vir mense wat met hierdie vrae worstel.
Chris van der Merwe
Grenselose genade [EPUB ebook]
‘n Moderne geloofsbelydenis
Grenselose genade [EPUB ebook]
‘n Moderne geloofsbelydenis
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 192 ● ISBN 9781779880253 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2024 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 9455594 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器