Deon Meyer 
Kobra [EPUB ebook] 

支持

Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. ’n Karnallie van ’n fout.
Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van ’n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van ’n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus – wat Griessel laat bloed sweet nie.
Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke.
Moeilikheid.
Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van ’n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik ’n buitelander.
Groter moeilikheid.
Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet ’n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer – en die demokrasie – te red.
Maksimum moeilikheid.

€15.99
支付方式

关于作者

Deon Meyer, ’n oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Hy woon tans in Stellenbosch. Sy publikasies sluit in tien romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, en Kobra, 2013.). Drie daarvan – Orion, Proteus en Infanta – is met die ATKV-prys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009 en 2012 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur en 7 Dae.

购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 392 ● ISBN 9780798165051 ● 文件大小 2.1 MB ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2013 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4769787 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

118,651 此类电子书