Derick van der Walt 
Bambaduze [EPUB ebook] 

支持

Wanneer woorde nie werk nie, moet jy ‘n ander manier vind om jou stem te laat hoor.
“’n Paar blokke noord van die Rosebank-sentrum sien hy blou ligte flikker. Seker ’n motorongeluk. Hy pluk hom altyd vir mense wat nie kan bestuur as daar ’n paar druppels reën val nie. Ry mekaar moer toe.
Die gedagte aan polisie maak hom dadelik behoedsaam. Kophou, mater, sê hy vir homself. Jy ry net mooi by die spul verby. Jy kyk nie links nie, jy kyk nie regs nie. Dis nie jou issue nie. Die arme mense wat mekaar gehaak het, dis húlle issue. Niemand sal eers in jou rigting kyk nie.
Dan sien hy dis ’n padblokkade en sy lyf word koud. Hy bestuur die kar sonder ‘n lisensie en ’n sleutel in die aansitter. Hy begin sweet, al is dit koel ná die reën.
Uit die hoek van sy oog sien hy een van die polisievroue aangestap kom. ’n Paar meter verder het ’n verkeerslig skielik die gees gegee. Dit het pas nog gewerk. Dis net die geel lig wat aan is. Dit flikker oor die naderende polisievrou, aan en af, aan en af.”
Bambaduze is Derick van der Walt, skrywer van die topverkoper Lien se lankstaanskoene, se vierde jeugroman. Dit verwoord ’n seun se uiting van verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring en is uiteindelik ’n besonderse, inspirerende storie oor die heelwordproses ná trauma.

€9.49
支付方式

关于作者

Derick van der Walt is op 14 Julie 1958 op Virginia in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hy behaal ’n B.A. Honneursgraad in Kommunikasiekunde aan Unisa. Derick is tans ’n direkteur van Chilli Kommunikasie-konsultante in Pretoria, ’n firma wat in die produksie van korporatiewe publikasies spesialiseer.

购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 208 ● ISBN 9780624069300 ● 文件大小 0.5 MB ● 年龄 17-15 年份 ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2015 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4534800 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

58,181 此类电子书