Elsa Winckler 
Arendsvlerke vir Siebert [EPUB ebook] 

支持

Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Verder as dit kom Katinka nie. Ná amper vier maande weet sy steeds nie wat om verder te bid nie.
Dis lente in Somerset-Wes en oral om haar getuig blomme en bloeisels van nuwe lewe, maar Katinka se man, haar groot, sterk man is dood. Dit was Barend se droom om ’n huis te bou hoog teen die berg sodat hulle ver oor Valsbaai kan uitkyk. Want, het hy altyd gesê, dis waar hulle op hulle oudag kan sit en onthou. En nou’s hy weg. Hoe bereken ’n mens so ’n verlies?
Wanneer haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur- dring, is sy verslae en geskok. Hoe is dit moontlik dat sy nie weet wat in haar kind se lewe aangaan nie? Siebert se oë het altyd geblink, hy’t maklik gelag … en nou herken sy skaars die nors skepsel op die bed.
Waar begin sy? Wat doen ’n mens?
Dis eers wanneer vrees die oorhand kry, wat sy haar wend na die Here. En hierdie keer is daar woorde.
Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.
Arendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

€12.89
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 248 ● ISBN 9780639607146 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2021 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 8045063 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

296,134 此类电子书