Elza Rademeyer 
Elza Rademeyer Omnibus 6 [EPUB ebook] 

支持
Duwweltjiepad
Rudolf Mulder, jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe bestaan uit sport, meisies en partytjies. Totdat die noodlot sonder genade ingryp.

Die prys vir ’n oomblik van hartstog met die wulpse, blonde Julia Saunders in sy voortsnellende motor is bitter duur: Wanneer hy sy bewussyn in die Conradie Hospitaal herwin, is sy onderlyf verlam.
Nou duik ’n skim op uit sy verlede: die mooi swartkopgeitjie met die blitsende groen oë – suster Jo. Hy kan haar nie plaas nie. Sy verwar hom met uitsprake soos: “Julle ryk mans gee my ’n pyn. Natuurlik het ek al my sprankel verloor. Ek het dit ses jaar gelede al verloor toe jy . . . Julle mans is almal verraaiers!”
Verraad? Hy kan nie onthou nie . . .

Hier in die hospitaal kom Rudolf agter hoe die Here vooruitloop om die dorings uit die pad te vee. Daarom kan hy weer ja sê vir die lewe.

Om Jo span die vangnet van die verlede egter al hoe digter. Klein Anton se pleegouers pers haar af om hom vir aanneming aan hulle af te staan; die nuuskierige tant Betta dryf haar in ’n hoek oor die foto in haar huis wat so sprekend na een van Rudolf as kind lyk, en ’n tweede, identiese Rudolf Mulder verskyn op die toneel . . .

Klopdans van die liefde
Wanneer dokter Pennie de Villiers haar Anton in ’n vurige omhelsing met ’n ander vrou betrap, is sy verward en verdwaas. Daarom dat sy nie die aanstormende motor sien totdat dit amper te laat is nie. Die bestuurder is arrogant en verwaand, dink sy.

Maar dié man, Pieter Wasserman, is baie aantreklik – digte swart hare, lang syagtige wimpers, die effense skynsel van baardstoppels op sy sonbruin wange, sensuele lippe . . .
Al ís sy baie aangetrokke tot Pieter, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie – hy lyk gevaarlik. Hét hy ’n skadukant, of is dit bloot haar verbeelding?

En steeds sukkel sy om ontslae te raak van die knaende Anton; hulle was destyds nog op die punt om verloof te raak. En moet sy hom werklik glo wanneer hy beweer die “ander vrou” is bloot ’n vriendin, ’n aktrise, en dat hy haar gehelp het om ’n rol in te studeer?

’n Stukkie van jou hart
Dokter Lara Strydom is aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help.
Kort voor lank is sy egter glad nie meer so seker dat sy wil teruggaan stad toe nie, want die dorpie en sy mense begin al hoe meer in haar hart kruip. Veral wanneer sy die aantreklike Paul Sauerman met sy gitswart hare en sy kruppel been beter leer ken.

Maar Paul dra ’n bitterheid in hom wat hulle albei se geluk op die spel plaas. Waarom sien hy nog steeds die beeldskone Jessica, die vrou wat hom kort ná sy ongeluk vir sy broer verruil het?
€11.99
支付方式

关于作者

Elza Rademeyer het haar die afgelope dekade bewys as ’n baie gewilde liefdesverhaalskrywer. Van haar mees bekende titels sluit in Mallemeule van die liefde; Op arendsvlerke; Verlief en verlore op Marion en Die onwillige bruid.
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 512 ● ISBN 9780624057895 ● 文件大小 0.5 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2013 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4534140 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

299,593 此类电子书

没结果