‘Die liefde praat met baie stemme in ’n mens se hart, het Beamari eens op ’n tyd besef, en soms moet jy diep luister om die boodskap te kan hoor. Partykeer praat die liefde met ’n fluisterstem en soms is dit soos die druising van ’n stormwind op see. Maar haar lewe is so besig dat sy nie altyd ewe goed ingestem is op fyn vibrasies en nuanses nie.
Naudésrust, die piesangplaas aan die Kwa Zulu-Natalse Suidkus waar sy en haar rugbyman swoeg om vooruit te kom, verg meer arbeid as wat hulle kan bybring. Die diereherberg op die werf het heeltydse sorg nodig. Boonop maak die hondeskool en -salon wat sy beplan nie voorsiening vir aandagtig luister na die taal van jou hart nie.
Die noodlot gryp egter in, een Saterdagmiddag in Durban op pad na ’n rugbywedstryd. En skielik, sonder waarskuwing, is daar twee nuwe stemme – een stug en befoeterd, die ander nostalgies verlief – wat haar hart laat luister. Beamari moet ’n keuse maak wat haar lewe en dié van haar kind gaan verander.
Die liefde praat met baie stemme in ’n mens se hart, het Beamari eens op ’n tyd besef, en soms moet jy diep luister om die boodskap te kan hoor. Partykeer praat die liefde met ’n fluisterstem en soms is dit soos die druising van ’n stormwind op see. Maar haar lewe is so besig dat sy nie altyd ewe goed ingestem is op fyn vibrasies en nuanses nie.
Naudésrust, die piesangplaas aan die Kwa Zulu-Natalse Suidkus waar sy en haar rugbyman swoeg om vooruit te kom, verg meer arbeid as wat hulle kan bybring. Die diereherberg op die werf het heeltydse sorg nodig. Boonop maak die hondeskool en -salon wat sy beplan nie voorsiening vir aandagtig luister na die taal van jou hart nie.
Die noodlot gryp egter in, een Saterdagmiddag in Durban op pad na ’n rugbywedstryd. En skielik, sonder waarskuwing, is daar twee nuwe stemme – een stug en befoeterd, die ander nostalgies verlief – wat haar hart laat luister. Beamari moet ’n keuse maak wat haar lewe en dié van haar kind gaan verander.
‘
Ettie Bierman
Fluisterliefde [EPUB ebook]
Fluisterliefde [EPUB ebook]
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 224 ● ISBN 9780624056676 ● 文件大小 0.6 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2012 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4533978 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器