Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Shaulin en Brandon maak ’n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ’n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op You Tube. Hulle kry selfs ’n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef … Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 96 ● ISBN 9780799370256 ● 出版者 LAPA Uitgewers ● 发布时间 2015 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 5206244 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器