Wat kan meer verleidelik wees as die geur van vars gebakte brood of sjokoladekoek uit jou kombuis om vriende en familie mee welkom te heet? Uit die Oond is propvol watertand resepte, getoets en deeglik beproef deur die skryfster. Stap-vir-stap aanwysings en oorgenoeg foto”s haal die misterie uit die eksakte wetenskap en dien as inspirasie vir elkeen wat nog nooit die moed gehad het om self koek, kleinkoekies, skons, brood, croissants, ensovoorts, te bak nie. Vir die wat meer ervare is, is daar resepte wat ’n effens groter uitdaging bied. Dit is dus voorwaar ’n boek met ’n ruim verskeidenheid waarin jy jou kan verlustig. Uit die oond is ’n uiters omvattende handleiding vir tuisgebak waarsonder geen liefhebber van gebak behoort te wees nie!
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 224 ● ISBN 9781431702732 ● 出版者 Penguin Random House South Africa ● 发布时间 2012 ● 下载 6 时 ● 货币 EUR ● ID 5877216 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器