Helena Hugo 
Die grootste hiervan is die liefde [EPUB ebook] 
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.

支持

Esther Wolmarans, die liefde van Andreas se lewe, is ’n deernisvolle, diensvaardige, sagmoedige meisie wat deur omstandighede gedwing word om die rol van versorger en huishoudster te speel. Volgens ou standaarde is sy ’n oujongnooi in wording. Estie, soos Andreas haar noem, is een van die min mense wat die hart en rede van haar verbitterde vader, Jacob Wolmarans, ken. Sy is die lig in sy lewe. Andreas voel met die eerste aanblik aangetrokke tot haar maar die paartjie moet haar pa se toestemming met moeite verkry om uiteindelik te trou. Sal Estie ná baie trane en groot opofferings haar plek as predikantsvrou kan vind in die gemeente waar die Wolmarans-gesin dikwels die middelpunt van die dorp se skinderstories is? Andreas worstel ook met ’n ander probleem. Hy sien diskriminasie raak en kritiseer die apartheid wat in die kerk toegepas word, en dit word ook onder die vaandel van die liefde van God in die verhaal uitgebeeld. In Die grootste hiervan is die liefde ervaar ons God se liefde wat vergestalting vind in Andreas en Estie se huwelik en hul bediening as predikantspaar. Hierdie deernisvolle verhaal fokus op die spesiale liefde tussen man en vrou, tussen Christene onder mekaar en hul naastes.

€12.90
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 280 ● ISBN 9781779880116 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2024 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 9468750 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

298,072 此类电子书