Ian Roberts 
Is dit jý? [EPUB ebook] 
Avonture voor en agter die skerms

支持

As ‘n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag ‘n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van Arende of as Boet van die gewilde Castrol-advertensies.
Ian se loopbaan strek van Langstraat in Kaapstad tot Los Angeles en van Shakespeare-produksies in die teater tot die Oscar-wenner Tsotsi. In sy outobiografie verklap hierdie briljante storieverteller met ‘n stoute sin vir humour meer oor wat alles agter die skerms op televisie- en rolprentstelle gebeur.
Hy beskryf ook die hoogbloei van Afrikaanse televisie- en rolprentvervaardiging toe hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk het. Sy lewensverhaal is ‘n meesterklas in die kuns van toneelspel.
So outentiek, vreesloos en onkonvensioneel soos wat talle van sy karakters was, só is Ian ook in die regte lewe. Hy trap sy eie paadjie en was nog nooit ‘n tropbok nie. Hy deel sy lewensverhaal met soveel humor, patos en insig dat dit nie anders kan as om die leser te ontroer nie.

€14.99
支付方式

关于作者

IAN ROBERTS is ’n bekroonde akteur, toneelskrywer en musikant.
Hy het in die 1980’s groot bekendheid verwerf vir sy rolle in gewilde televisiereekse soos Verspeelde Lente, Arende en Inkom’ Edla Yodwa, waarin Ian, wat ook Xhosa magtig is, teenoor Henry Cele gespeel het. Benewens sy rol in die Oscar-wenner Tsotsi, het hy ook rolle vertolk in talle internasionale rolprente wat in Suid-Afrika vervaardig is.
Sy optrede as Boet in die gewilde Castrol-advertensieveldtog het van hom ’n huishoudelike naam gemaak. Hy is ook die sanger van die rockgroep Die Radio Kalahari Orkes.

购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 256 ● ISBN 9781776193578 ● 文件大小 3.7 MB ● 出版者 Jonathan Ball ● 市 London ● 国家 GB ● 发布时间 2024 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 10106898 ● 复制保护 社会DRM

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

48,967 此类电子书