Ilze Beukes 
Ondersoek my hart [EPUB ebook] 

支持

Sedert die dood van haar ma aan kanker, toe Madelie Botma nog maar ’n kind was, het sy ’n vrees vir dokters en hospitale. Toe dokter Ian Duvenhage by haar klaskamer inbars om sy broerskind, Handré, te ondersoek, is juffrou Botma dus hewig ontsteld.
Dit blyk dat Handré tydelik by sy oom bly omdat daar komplikasies met sy ma se swangerskap is, maar die man weet duidelik minder as niks van kinders en Madelie moet teësinnig ingryp.
Sal die aantreklike Ian haar skanse kan afbreek en haar help om haar vrese te oorkom? Daar is immers ’n nuwe kankerpasiëntjie in haar lewe, haar kunsstudent Sanet, wat Madelie se bystand nodig het.
Maar dan daag ’n ou liefde van Ian op en begin aantygings maak . . .

€4.99
支付方式

关于作者

Ilze Beukes hou haar bedags besig met die woelinge van die kinders by ʼn laerskool en saans en oor naweke glip sy in haar eie stories in en vermaak haar met haar eie storiekarakters. Sy en haar man en seun bly op Kroonstad en besoek gereeld haar twee dogters en hul gesinne.

购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● ISBN 9780624075844 ● 文件大小 0.3 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2015 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5505994 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

780,327 此类电子书