Minki het twee beste maats – Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek.
Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.
Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● ISBN 9781776250097 ● 出版者 Pan Macmillan South Africa ● 发布时间 2020 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 8828051 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器