Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Haar naam is Juffrou Zaan van Graan. En almal sê sy word nooit ooit kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou woedend te maak! In hierdie skaterlagstorie uit die pen van Jaco Jacobs vind die twee grootste poetsbakkers in die skool uit waarom dit nie ’n goeie idee is om met ’n juffrou soos Juffrou Zaan skoor te soek nie. Jy mag dalk net die een wees wat spaghetti tussen jou tone kry …
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 25 ● ISBN 9780799389654 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2018 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 7993141 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器