Jaco Strydom 
Daka [EPUB ebook] 
Daar is dinge wat net die dood en die see jou leer

支持


Die verdwyning van ’n doodgewone ou wat verskriklike dinge oorgekom het – en ’n nog erger ding aangevang het – en sy drome oor ’n eiland en ’n eienaardige waterwese … en ’n nuwe begin.

Elke voortvlugtige is ’n ontdekkingsreisiger en elke reisiger ’n vlugteling, en Adam Richter was geen uitsondering nie. Daar was wraak by die dam en ’n storm op die see en smokkelaars en hippies en gewone tortelduiwe en enorme vlermuise, en later ’n hardkoppige rooikop – onder andere.

Sy lewe was nie een lang, uitgerekte verhaal soos die van meeste ordentlike mense nie. Eerder ’n bondel erg teenstrydige stories, in chaos verweef. Van hulle was naïef en onskuldig. Van hulle wreed en donker en verskriklik en selfs boos … maar van hulle so beautiful soos die bewegings van Lamu se laaste doegong.

Dis moeilik om te glo dat so iemand rêrig bestaan, sou die mense later sê, want vreemde dinge het gebeur. Dinge wat hom soos ’n onsigbare magneet noord sou trek, seelangs, die laaste wildernis in. Want Adam het ’n geheim gehad, so groot dat hy eers moes doodgaan en wegraak voor hy kon opstaan en oor begin.

€12.91
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 288 ● ISBN 9780637003407 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2024 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 9469258 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

296,339 此类电子书