My hart behoort aan jou, aan jou . . . Die woorde draai soos ’n lied in my kop. Wie het dit geskryf? En nogal in goud op ‘n sexy swart kaartjie. Se nou dit kom van die nuwe ou in graad elf, die donkerkop met die loslitstap op wie al die meisies verlief is? Vet kans. Dis seker een of ander flou grap. Hopelik nie, want dan sit ek wat Yolande is alleen op die rak. Tensy ek iets kan doen omtrent my vriendin Mia se nuwe, boring ou. Nie dat dit die einde van my probleme is nie. Daar is ook die geheimsinnige man wat my oral agtervolg. Dis net so creepy. Riaan met sy opdringerige houding is nog erger. As ek net geweet hoe om dit alles te hanteer. Die beste raad is dalk om myself in ‘n aarbei-smoothie te verdrink.
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 120 ● ISBN 9780798156813 ● 文件大小 2.9 MB ● 年龄 17-12 年份 ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2012 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4753971 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器