In die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op ”n vliegtuig wanneer die aankondiging kom: Maak gereed vir ”n noodlanding.Terwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong – ”n man wat sy 15 jaar tevore in Egipte agtergelaat het. Dawn oorleef die vliegtuigongeluk op wonderbaarlike wyse, maar word daarna deur groot onsekerhede gery.Sy het ”n goeie lewe in Boston en sy vind vervulling in haar werk as doodsdoula of sterwensbegeleier. Tog kan sy nie help om te wonder wat geword het van Wyatt en sy werk as argeoloog nie. As jong studente het hulle saam opgrawings gedoen totdat Dawn weens ”n persoonlike krisis terug is na Amerika.Moet sy terugkeer na haar voorstedelike lewe en haar gesin? Of na Egipte gaan om die spoke van die verlede te konfronteer en dalk haar navorsing oor die boek van twee weë, ”n kaart van die antieke Egiptiese onderwêreld, te voltooi?Soos die verhaal ontvou, moet Dawn antwoorde op talle tergende vrae vind: Wat behels ”n goeie lewe en wat laat ons agter wanneer ons sterf? Hoeveel van ons lewenskeuses is regtig ons eie en hoeveel maak die lewe namens ons?
Jodi Picoult
Die boek van twee weë [EPUB ebook]
Die boek van twee weë [EPUB ebook]
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● ISBN 9781776190812 ● 翻译者 Daniel Hugo ● 出版者 Jonathan Ball Publishers ● 发布时间 2020 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 7628535 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器