’n Aangrypende roman oor die lotgevalle van die gewone mens in ’n samelewing waar geweld net onder die oppervlakte lê. Die vreemdeling August vestig hom op ’n klein Weskusdorp om sy redigeringswerk aan ’n pasontdekte dagboek van die 18de eeuse ontdekkingsreisiger Robert Jacob Gordon af te rond. Dis wanneer polisievrou Tessa hom vra om haar seuntjie Otto ’n aand lank op te pas terwyl sy die dood van ’n naamlose persoon by die motorhawe ondersoek, dat August homself onverwags bevind op die drumpel van ’n vertroostende verhouding. Die liefde wat tussen August en Tessa, twee radikaal verskillende mense, ontstaan, word egter bedreig deur die terugkeer van Tessa se man, Andries, van wie sy besig is om te skei. Sy onvoorspelbaarheid en kil woede hou gevaar in, en die roman stuur af op die ontstellende moontlikheid van geweld. Soos in John Miles se vorige roman, Die Buiteveld, word die kompleksiteit van ’n mens se verlede deurgetrek na die sosio-politieke situasie van die dag met verwysings na die skuld oor die koloniale verlede en veral oor apartheid. “Die verlede is ’n denkbeeld waarvan jy nie kan loskom nie, ” besef August. “’n Deurpriemende analise van die plattelandse Afrikaner en sy oorgawe aan ’n toestand van onsekerheid. … En ’n skitterende “slice of life”, sê een van die keurders.
John Miles
Voetstoots [EPUB ebook]
‘n episode
Voetstoots [EPUB ebook]
‘n episode
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 352 ● ISBN 9780798153584 ● 文件大小 0.4 MB ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2011 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4742994 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器