Joyce Kotzè 
Wintersrust [EPUB ebook] 

支持

Een familie, van Britse en Boere-afkoms, se lojaliteite word verstrengel deur die gang van geskiedenis. Transvaalse politiek en Britse imperialisme sleur hul mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Hegte bande word op die slagvelde beproef en wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in ‘n verskroeidaardebeleid en geurrillastryde, moet riskante keuses gemaak word. Martin de Winter, bestem om sy land die twintigste eeu binne te lei, word noodgedwonge ‘n suksesvolle jong generaal terwyl verbode liefde by hom spook. Stefanie de Winter, ‘n gevierde pianis, word wantrou deur die leiers aan beide kante. Lojaal aan haar familie, maar verlief op ‘n Britse offisier, volg sy ‘n noodlottige pad. Karel en Rudolf de Winter, tweelingbroers, verknog aan mekaar, probeer die koeël ontwyk wat hul vir altyd sal skei. James Henderson, Britse kavalleris en onverskrokke soldaat, word vasgevang deur sy lojaliteit aan sy land en sy liefde vir sy Boerefamilie. Dokter Charles Henderson is geskok deur die doelbewuste verwoesting van sy aangenome land, Transvaal, en deur die aandeel wat sy broer teen wil en dank daaraan het. Wintersrust is ‘n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer. Sommige, oorweldig deur wanhoop, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ‘n plek van vrede en vergiffenis uitkom. Ondanks woede en onreg ontdek die familie ‘n mag wat sterker as oorlog is.

€11.99
支付方式

关于作者

DANIEL HUGO is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. In 2014 ontvang hy die Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir die vertaling van Sprakeloos (2011) van Tom Lanoye.

购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 584 ● ISBN 9781868427659 ● 文件大小 1.0 MB ● 翻译者 Daniel Hugo ● 出版者 Jonathan Ball ● 市 London ● 国家 GB ● 发布时间 2017 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5478240 ● 复制保护 社会DRM

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

773,871 此类电子书